This event is over.

IN AFRIKAANS KONSERTREEKS

For more information
Visit Website
Organized by IN AFRIKAANS
Visit Website
384896_BuyPage_New.jpg
19:30 | 20 Desember | DANS IN AFRIKAANS
Kom en sokkie die aand verby op die dansvloer wat spesiaal gebou word langs die verhoog vir hierdie konsert! Na die lewendige konsert sal al die grootste dans treffers gespeel word sodat die gehoor die dansvloer verder kan geniet.
Kunstenaars: Kurt Darren, Juan Boucher, Jay & Lianie May, Ricus Nel.



385164_BuyPage_New.jpg
19:30 | 24 Desember | KERSFEES IN AFRIKAANS
ën Spesiale geleentheid waar die hele gesin Kersfees liedere kan kom saamsing by kerslig op Oukersaand saam met van ons land se top kunstenaars asook ën lewendige orkes. Donasies kan gemaak word ten bate van Hartenbos Bejaardesorg.
Kunstenaars: Robbie Wessels, Jo Black, Douvoordag, Leah.



387845_BuyPage_New.jpg
20:00 | 26 Desember | FLIEK IN AFRIKAANS
Wees een van die eerstes om SUSTERS, 'n nuwe Suid-Afrikaanse film wat vroeg volgende jaar in teaters sal begin wys, met die populÍre popster Leah in die hoofrol, te sien! Gesinsvermaak op sy beste! So bestel jou springmielies en kom geniet hierdie unieke geleentheid.
Rolspelers: Leah, Diaan Lawrenson, Quanita Adams, Sean Marco Vorster en ander.



385163_BuyPage_New.jpg
19:30 | 27 Desember | MNR. & MEJ. HARTENBOS
ën Musiekkonsert met ín lewendige orkes gekombineer met Mnr. & Mej. Hartenbos in samewerking met SARIE tydskrif!
Kunstenaars: Jan Bloukaas, Leah, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld, Georic Lomas.

As jy tussen die ouderdom van 16 tot 24 jaar is kan jy nou inskryf vir Mnr. & Mej. Hartenbos. Stuur 'n e-pos na [email protected] en 'n inskrywingsvorm sal vir jou gestuur word.



387847_BuyPage_New.jpg
19:30 | 30 Desember | HARTENBOS IN AFRIKAANS
Ons vlagskip gala konsert bestaande uit onder andere die jaar se grootste treffers gesing deur ons land se mees geliefde Afrikaanse kunstenaars saam met die beste musikante wat Suid-Afrika het om te bied!
Kunstenaars: Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Leah, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Fatman.



387848_BuyPage_New.jpg
19:30 | 4 Januarie | AKOESTIES IN AFRIKAANS
Top kunstenaars voer hulle grootste treffers akoesties op saam met ën lewendige orkes.
Kunstenaars: Theuns Jordaan, Riana Nel, Elvis Blue, Jo Black.



IN AFRIKAANS KONSERTREEKS BEPALINGS EN VOORWAARDES:
1. Hierdie kaartjie ("die kaartjie") is onderhewig aan die onderstaande terme en voorwaardes.
2. Die kaartjie word verkoop aan die koper ("die koper") vir die spesifieke vertoning ("die vertoning") teen die voorafbepaalde prys soos aangedui ("koopprys").
3. Sodra die kaartjie gekoop is, sal die koopprys nie terugbetaal word nie, tensy:
a. Die vertoning gekanselleer word;
b. Die datum van die vertoning herskeduleer word; of
c. Die skeduleringsbesonderhede van die vertoning in 'n wesenlike manier verander i.e. die datum, plek of tyd ("skeduleringsbesonderhede") van die vertoning is nie meer soos uiteengesit op die kaartjie nie.
4. Indien enige sodanige kansellasie, herskedulering of verandering in skeduleringsbesondhede, soos bepaal in klousule 3, toegeskryf kan word aan vis major, sal In Afrikaans nie aanspreeklik gehou word nie en sal geen gelde terugbetaal word nie.
5. In Afrikaans sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige skade insluitende gevolgskade teenoor die koper nie.
6. Die koper is verplig om die skeduleringsbesonderhede van die vertoning te bevestig.
7. In Afrikaans sal in die media kennis gee van enige veranderinge en/of wysigings ten opsigte van die skeduleringsbesonderhede van die vertoning.
8. Geen duplikaat kaartjies sal uitgereik word om verlore of gesteelde kaartjies te vervang nie.
9. In Afrikaans behou die reg voor om toegang tot die vertoning te weier in die lig van gesondheid-, veiligheid- en sekuriteitsoorwegings.
10. In Afrikaans sal ten alle tye geregtig wees om sekuriteitsondersoeke te loods ten tyde van en/of voor die vertoning.
11. In Afrikaans sal nie terugbetaling van die koopprys aan die koper maak indien die koper toegang tot die vertoning geweier of versoek word om die perseel van die vertoning te verlaat voordat die vertoning 'n aanvang neem of onderwyl die vertoning aan die gang is as gevolg van:
a. Laat arrivering by die vertoning;
b. Onaanvaarbare gedrag, hetsy as gevolg van gebruik van alkohol of dwelms of andersins;
c. Besit van wapens of onwettige materiaal of middele; of
d. Maak van ongemagtigde video opnames.
12. Die koper doen ook afstand van enige regte wat hy/sy mag he voorspruitend uit enige verlies of skade of aanspreeklikheid ten opsigte van die persoon of eiendom van die koper wat gely mag word deur die koper en/of enige derde party as gevolg van enige handeling of late van In Afrikaans of enige van In Afrikaans se werknemers, direkteure, beamptes, agente en geaffilieerde persone / maatskappye.
13. Geen kos en drank word toegelaat nie, kontantkroeg beskikbaar asook kos stalletjies.
14. Geen koelbokse word toegelaat nie.
15. Indien dit reen sal die vertoning wel voortgaan en sambrele sal in hierdie geval toegelaat word. Gazebos en sambrele sal nie andersins toegelaat word nie.
16. Stoele en komberse word toegelaat.
17. Kaartjies sal deur die loop van die Desember vakansie te koop wees by die ATKV info karavaan, asook op die dag by die hekke vanaf 15:00
18. Hekke sal twee ure voor elke vertoning oopgemaak word.
19. CD's en ander goedere sal teen kontant verkoop word.
20. Daar sal geen parkering vir die publiek binne die amfiteater beskikbaar wees nie, behalwe "disabled" parkering mits die voertuig 'n "disabled" sticker ophet.
21. Identifikasie mag versoek word by die ingangshekke, indien nodig, om ouderdom te bevestig.
22. Goue sirkel kaartjies vir voorskoolse kinders sal beperk word tot 'n aantal van 50 per vertoning.
23. Goue sirkel sitplekke is op plastiekstoele wat verskaf word. Normale sitplekke is op jou eie kampstoel of kombers wat jy kan inbring in die amfiteater.