This event is over.
Voortrekker Wildsfees

Doors open at 5:00 pm


Voortrekker Wildsfees
Wat kan nou aangenamer in Bethlehem wees as ‘n lekker, lente, loslit kuier saam met goeie vriende, gehalte kos en topklas vermaak.
‘n Feesterrein van gesellige kuierareas, wynproe, ‘n eksotiese proelapa, uitstalruimtes en ‘n maanligmark. Iets vir elkeen se smaak.
‘n Wye verskeidenheid potjiekos, spitbraaie en braaivleis, asook verlede jaar se staatmaker en gunsteling, roosterkoeke.
Ons hou nie net Wildsfees nie, maar vier ook Voortrekker se 115de verjaarsdag.
Op die verhoog - Kaleidoskoop. By dié Wildsfees "rock" ons in Afrikaans.
Bring jou eie kampstoel, eetgerei, drinkgoed en glase saam.