Aanlyn verkope GESLUIT. Kaartjies beskikbaar by die Hekke.
HS Linden - Wildsfees

Doors open at 4:00 pm


Hoërskool Linden se sportvelde transformeer op Saterdag, 26 Augustus, in 'n feesterrein van gesellige kuierareas, kosstalletjies, potjiekos en topklas vermaak. Vreugdevure gaan hoog brand, nie net hou ons Wildsfees nie, maar ons skool is 70 jaar oud. Bouwer Bosch gaan op die verhoog die pas aangee en gaan ons tot laat kuier.
Die heerlikste potjiekosmaaltyd sal bedien word, wat deur 'n plaaslike sjef van Potjie Palace voorberei gaan word. Daar is 'n pot vir elke smaak - wildsvleis, beesvleis en hoender.
Ander lekkernye gaan ook te koop wees: pannekoek, koffie, biltong, kaashappies, pizza en hamburgers.
Feesgangers moet hul eie stoele, eetgerei en drankies saambring. Daar sal 'n addisionele koelboksfooi gehef word by die ingang.
Deur die loop van die aand gaan daar ook 'n veiling plaasvind - kom dus voorbereid om ons skool te ondersteun met u aankope.
Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar, maar kontant gaan beter werk by ons kosstalletjies.
Die Wildsfees is nie net vir Lindeniete nie, nooi asseblief u vriende om saam te kuier.
Ons rig 'n spesiale uitnodiging aan ons oud-leerlinge om te kom deelneem aan die 70-jaar vieringe.
Indien daar groepe van 15 of meer is, mag julle nou reeds 'n kuierarea bespreek. Rig asseblief versoeke aan wildsfees@linden.co.za
Die Wildsfees is nie net die grootste kuiergeleentheid op die skool se sosiale kalender nie, maar ook 'n kans vir fondsinsameling.
Kaartjie opsies:
R220 : toegang & potjiekosmaaltyd
R100 : slegs toegang
Beperkte parkering is beskikbaar teen R20 per voertuig - beskikbaar op die aand.