This event is over.
Boere in Nood
Dink nie dis nodig om die effek van die droogte uit te lig nie, almal is bewus daarvan en as ons nie
nou ingryp nie, gaan baie boere tot niet gaan in die afsienbare toekoms, wat astronomiese gevolge
inhou vir die land se voedsel-sekerheid. Die boere is raadop en moedeloos. Nc Schoombee en Nico
Gerber het Boere in Nood begin November gestig toe hulle en van die boere voer en vervoer begin
reel het vir hulle broeders in nood. Gou daarna het vele ander boere, met God se leiding, ook
ingespring en land-wyd hulp begin kry in die vorm van voer en kontant-skenkings. Party boere-
verenigings asook gemeente-leraars in sekere gevalle, help om die boere wat hulp die dringendste
nodig het, uit te wys. Nc Schoombee: 072-358 9734
Nico Gerber: 072-185 8694
Carina Swartz: 083-675 6526
