This event is over.

Moreletapark Vrouekonferensie: Carry His Name 2014

CHN program.jpg

Tema: IN SY LIEFDESHANDE

Moreletapark Gemeente het reeds in 2012 hul jaarlikse vrouekonferensie ‘n tydige varsheid laat herleef deur ‘n nuwe naam te vestig, Carry His Name. Veral inaggenome die veranderende tye en kultuur waarin ons leef, moet die vrou van hierdie millenium vele baadjies met trots kan dra wat betref verantwoordelikhede in hul beroep, familie, huwelik en vele ander areas wat aandag en tyd verg.

Die naam Carry His Name is dus gevestig met die fokus om elke vrou te bemagtig in optimale funksionering van vrouwees, hul unieke bestaansrede en om voluit die energie wat hul daagliks moet leef en uitdeel, opnuut in God se hande te vind.

In sy liefdeshande is ‘n tema wat gebore is uit die besef van vroue se afhanklikheid van God; dat deur vrou te wees juis gepaard gaan met liefde, hart en gevoel. 2014 gaan verras, verdiep, vertroetel en elke vrou verlief laat met God en die lewe!

Gedurende 28 Februarie – 2 Maart 2014 staan Moreletapark Gemeente se deure oop vir elke vrou van alle kulture, jonk tot oud. Tydens hierdie naweek gaan vroue hulself in God se genade en liefde toevertrou deur sy liefde te aanvaar, te ontvang en selfversekerd ook te kan gee en leef.

Die verwagting is dat ongeveer 4 000 of meer vroue die konferensie sal bywoon en nooi Moreletapark Gemeente vir die eerste keer ook jonger dames spesifiek uit: elke tiener of studente dogter en ma, of ma en dogter! Lofprysing sal gelei word deur KrissTel en Almarie du Preez.

SPREKERS:

Norma Rossouw
Ilona Furstenburg
Lindie Strydom
Christine Ferreira
Liesel Krause-Wiid