This event is over.

INTIEM Couples Oggend

Doors open at 8:00 am
For more information
Visit Website
0861553462743
Organized by Intiem
Visit Website

Hoekom ‘n INTIEM dag? Ons kan ‘n hele klomp redes lys:

*  Dit is ‘n dag waarop jou huwelik prioriteit geniet. ‘n Dag waarop jy en manlief op mekaar kan
fokus en net weer kan se: “Ons twee is super belangrik!”


*   Dit is ‘n dag waarvan die effek gaan uitkring. Soos jy weet, kan jou gesin net floreer as jou
huwelik floreer – beskou dit dus ook as ‘n soort ‘Nasionale Gesinsgesondheid-dag!’


*  Dit is ‘n dag waarop jy slimmer word! Jip, seksslim en verhoudingssslim. Met uitstekende
kenners soos dr Etienne Kok en Gustav en Elna Muller, word jy baie wys (Bloos!)


*  Dit is ‘n dag wat jy maag jou oggend drafsessie kan oorslaan! Hier kry jy ‘n baie goeie
workout – dié van die maagspiere. As jy nie minstens één keer uit die maag lag op een van
ons couples oggende nie, moet jy maar liefs ‘n afspraak maak by die dokter…


*  Dit is góéd vir julle emosionele intimiteit! Deur hierdie dag saam by te woon, wys jy opnuut
vir jou maat dat jou huwelik vir jou belangrik is en dat jy sal baklei hiervoor – tot teen die
end.

As jy en jou vriendinne eerder die manne by die huis wil los, bespreek jul kaartjies vir INTIEM se
vrouedag – ‘n dag waar jy op jou eie heelwat wYser oor die lewe en die huwelik kan word en waar jy
kan leer om jou Eva-wapens slim en reg te gebruik!

Wat kan jy verwag?

 

As jy en manlief worstel met die verskillende rolle in jul huwelik, moet dié dag nie misloop nie.
Huwelikskenners Gustav en Elna Muller lewer ‘n uitstekende praatjie met dié tema, en Dr. Etienne
gaan skares weereens laat skater (én laat dink) met sy toespraak oor seks.