Tickets on sale soon

Steve Hofmeyr: Country Collection 3

Doors open at 6:30 pm
Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website


Steve Hofmeyr is al vir dekades lank hard aan die werk – nie net as ’n gewilde vermaaklikheidster nie, maar ook as ’n persoonlikheid by wie mense op ’n emosionele, kulturele en patriotiese vlak aanklank vind.

Sy derde Toeka-huldeblyk is pas vrygestel en hy het ook onlangs sy 9de boek, STEVE50HOFMEYR, voltooi. Met hoofstukke soos Kaalvoetdae, Deurbraakjare, Celebs & Selfies, In aksie, Erfenis, Films & TV, Oppipad en Oppiplanke, vertel die treffersanger sy storie met behulp van foto’s wat deur verskillende mense geneem is – van fotograwe, sy aanhangers en span, tot hy self.

Steve het al baie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, van albums met multiplatinumverkope en topverkoperboeke, tot suksesvolle televisiereekse, geselsprogramme, en uitverkoopte konserte regoor die wêreld. Naas ’n liedjieboek, met meer as 200 oorspronklike (opgeneemde) liedjies, kon Hofmeyr reg deur sy ryk loopbaan kwalteitwerk lewer, verhoudings bou en kritici verkeerd bewys.

Stable Inn se Restaurante en Kroeë maak reeds 16:00 oop. Kom kuier voor die vertoning saam met ons.