This event is over.

Boere in Nood

For more information
Visit Website
Organized by Boere In Nood
BoereInNood2.jpg Dink nie dis nodig om die effek van die droogte uit te lig nie, almal is bewus daarvan en as ons nie nou ingryp nie, gaan baie boere tot niet gaan in die afsienbare toekoms, wat astronomiese gevolge inhou vir die land se voedsel-sekerheid. Die boere is raadop en moedeloos. Nc Schoombee en Nico Gerber het Boere in Nood begin November gestig toe hulle en van die boere voer en vervoer begin reel het vir hulle broeders in nood. Gou daarna het vele ander boere, met God se leiding, ook ingespring en land-wyd hulp begin kry in die vorm van voer en kontant-skenkings. Party boere- verenigings asook gemeente-leraars in sekere gevalle, help om die boere wat hulp die dringendste nodig het, uit te wys.

BIN

Boere in die Suid-Kaap het al meer as 1000 bale voer geskenk, waarvan die meeste reeds na boere in nood versprei is, maar die nood is landwyd so groot dat ons nog nie naastenby by al die boere kon uitkom nie. Vervoer van daar na boere in die binneland, wie se vee al vrek van die droogte, is ook ‘n groot probleem. Van die kontant skenkings is al gebruik om voer na boere te neem, maar steeds bly voer en vervoer ‘n massiewe probleem vir Boere in Nood. Sonder vervoer maatskappye se hulp kan ons nie die voer skenkings uitkry na waar die nood groot is nie. Indien daar mense is wat wil deel neem aan die veldtog kan hulle aansluit by die Boere in Nood Facebook groep of direk met Nc Schoombee of Nico Gerber in kontak tree. Enige hulp sal waardeer word. Ons doen dit vir die liefde van die saak. God is ons redding en Hy sal ons uitkoms bied. Sy genade is groot, ons het net vrywilligers nodig om te help met voer en vervoer.

Nc Schoombee: 072-358 9734
Nico Gerber: 072-185 8694
Carina Swartz: 083-675 6526