Ticket sales open soon
Oppi-Plaas Fees 2025

Maak reg vir die Oppi-Plaas Fees in Dullstroom 2025!
Die Oppi-Plaas Fees vind plaas op 14-15 Junie, en dit gaan 'n naweek wees wat jy glad nie wil mis nie! Twee dae van pure Afrikaanse gees, waar familie en vriende saam kuier, sing, en dans soos net ons kan.
Wat om te verwag wanneer jy jou kaartjies koop:
Kindervermaak: Die kleingoed gaan propvol energie wees met al die pret wat ons vir hulle gereed het! Ons het selfs ‘n spesiale Kinderarea waar mamma en pappa hul kinders veilig kan laat speel terwyl hulle die terrein verken. Onthou om iets warms saam te bring vir jou kleinding.
REUSE Biertent: Geniet ‘n koue bier in die geselskap van goeie vriende – die ideale plek om af te skakel en net lekker te kuier.
Kos- en Stalletjies: ‘n Wye verskeidenheid smullekker kos en unieke stalletjies wag op jou. Van boereworsrolle tot handgemaakte produkte, hier is iets vir elke smaak!
Afrikaanse Musiek: Kom sing en dans saam met top Afrikaanse kunstenaars! Die musiek en atmosfeer gaan jou voete laat jeuk en jou hart laat warm klop.
Vier Vadersdag 15 Junie met ‘n Lekker Spitbraai by die Oppi-Plaas Fees!
Met sappige vleis op die spit, vars plaasgebakte bykos, en vermaak vir jonk en oud, is dit die perfekte manier om vir Pa te wys hoeveel hy vir jou beteken. Neem asb kennis spitbraai kaartjies moet voor die tyd gekoop word en sal ongelukkig nie beskikbaar wees op die dag self nie.
Aktiwiteite beskikbaar by die fees:
‘n Volledige program sal gesien kan word op ons sosiale media blad.
Neem asb kennis van die volgende terme en voorwaardes:

- Visvang: Kom sluit by ons aan op 14 Junie 2025 vir ’n aksiebelaaide dag propvol opwinding, waar ons kyk wie die grootste vis kan vang! Of jy ’n beginner of ’n pro is, almal is welkom.
- Driekamp: Sluit aan by ons driekamp waar jy kan deelneem as ’n span of individueel: 5km hardloop | 10km fietsry | 15km perdry
- 3D Barrel Racing: Kom kyk hoe talentvolle ruiters en hul pragtige perde die loopbaan aandurf, vinnig draai en vir die wenstreep jaag! Of jy nou ’n deelnemer of toeskouer is, hierdie adrenaliengevulde vertoning is een wat jy nie wil mis nie.
- Duathlon: Sluit aan by ons duathlon waar jy kan deelneem as ’n span of individueel: 5km hardloop | 10km fietsry | 2km hardloop Inskyrwings by OppiPlaasFees.co.za
- Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels
- Eloff
- Nicholis Louw
- Moonshine Country Blues Band
- Brendan Peyper
- Appel
- MC Matie van Graan
- Voorlesing & Gebed
- Moonshine
- Corlea Botha
- Ricus Nel
- MC Matie van Graan
‘n Volledige program sal gesien kan word op ons sosiale media blad.
Neem asb kennis van die volgende terme en voorwaardes:
- Geen koelsakke, eie alkohol, kos of gazebo’s word toegelaat nie
- Geen Minderjariges in biertent nie
- Parkering is ingesluit by prys
- Bring asb jou eie stoel en komberse
- VIP en Goue sirkel kaartjie gaste kry stoele by die fees
- Kinders onder 6 kry gratis toegang