This event is sold-out. No tickets will be sold at the event.

OppiPanne Musiekfees

For more information
Visit Website
Organized by Bok van Blerk
Visit Website
OppiPanne musiekfees.

hzmm0hJ.pngqji8hxO.png

Die fees met die meeste spasie ter wêreld. OppiPanne musiekfees is familievriendelik, aangebied op van die wêreld se grootste soutpanne, die Makgadikgadi Soutpanne! Geleë 20 km suid-wes van Nata in Botswana.
Hierdie fees beloof om 'n magiese ervaring te wees en een wat jy vir lank nie sal vergeet nie. Die perfekte bestemmingsfees, uitgeknip vir die avontuurlustiges!
Die fees vind plaas oor twee dae, Vrydag 30 September en dan die hoofaand met kunstenaars op Saterdag 1 Oktober.
Feesgangers het verskeie kamp-opsies, 'n tentekamp met matrasse en beddegoed, alles reg vir jou gerief, of bring jou eie toerusting en vind die perfekte kampplek iewers OppiPanne onder die sterre of besoek een van die vriendelike "lodges" in die area.
Aktiwiteite wissel van die biertent tot fietsry, helikopterritte, wildbesigtigingsritte, lugballone, vierwielmotorfietse en vele meer aktiwiteite op die panne.
Sien jouself met 'n bier in die hand in die middel van die panne terwyl die son sak. Moenie hierdie monumentale fees misloop nie, bespreek nou!
Ons sien jou daar!