This event is over.

Kampvuur Fees

Smag jy ook na 'n bosveld vuur saam met hartsvriende? Kom verdwaal waar die warm Afrika sand aan jou voete klou en waar die helder sterre vir ewig skyn - ons stel met groot opwinding bekend, die KAMPVUUR FEES!

Sien uit na bekendes soos Riaan Benade, Franja Du Plessis, Jan Jan Jan, Ricus Nel asook Qman & Borrie. Verskeie stalletjies op hierdie naweek bied alles bos, braai, kamp en meer met ‘n gesellige biertent, kos en vermaak vir die kleingoed.

Kom proe saam met ons aan uitsoek wyne, kyk lekker Bulletjie Rugby of kom geniet net ‘n heerlike dag uit saam met vriende en familie.