This event is over.

Kickin’ Country

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Soos die meeste country-musikante, begin Jason se verhaal in 'n klein dorpie. Jason, oorspronklik van Ficksburg in die Vrystaat, het op die ouderdom van 4 jaar begin kitaar speel toe sy pa vir hom sy eerste kitaar gekoop het. Hy het nie net die kitaar bemeester nie, maar ook 'n verskeidenheid ander instrumente wat wissel van tromme en klavier tot trompet en trekklavier. Jason was 'n paar jaar in die Verenigde Koninkryk, waar hy sy vaardighede geslyp het deur in verskeie kroeë en venues op te tree. In 2003 keer hy terug na Suid-Afrika, vasbeslote om die kuns van “New Country” te bemeester. Jason se grootste invloed was ‘n CD van Brad Paisley, wat hy in ‘n motor wat hy gekoop het, ontdek het. Die vorige eienaars het die CD in die motor gelos toe hulle dit verkoop. Jason het na die CD te luister en verlief geraak het op Countrymusiek.

In 2007, het die legendariese Ray Thomas Jason aan Lance James voorgestel, wat so beïndruk was met sy talent dat hy hom genooi het om deel te neem aan die eerste Country Legendes en Vriende-vertonings in 2008 en 2009 by Carnival City. In dieselfde jaar neem Jason sy album, 'We Danced', op. Die album word goed ontvang en verskeie radiostasies regoor speel dit. Jason volg dit op met die album “Katy Brought My Guitar Back Today”. Dis meer as ‘n dekade gelede en met sy aantreklike voorkoms, uitstekende kitaarvernuf en die vermoë om die ware gevoel van 'n goeie country-liedjie te projekteer, het Jason homself intussen gevestig as ‘n musikant in eie reg

Die stroom skakel word per e-pos vanaf [email protected] gestuur sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 31 Oktober 2021 om 16:00 pm