This event is over.

Van Haasdas tot Stukkie Van der Merwe met Pieter Smith

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Pieter Smith is een van die bekendste kunstenaars in Suid-Afrika.
In VAN HAAS DAS TOT STUKKIE VAN DER MERWE, neem Pieter ons op ‘n nostalgiese reis deur sy loopbaan.
Ons almal ken die TV-kenwysies soos HAAS DAS, TROMPIE, HEIDI en vele meer wat deur Pieter nuwe lewe ingeblaas word.
Ons gaan ook van sy groot treffers hoor soos OP DIE EERSTE EEN en STUKKIE VAN DER MERWE. Pieter beloof dat die vertoning ook ‘n akoestiese afdeling gaan hê om gestand te doen aan die intimiteit van die Lefra Kelderkonserte. As jy egter gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en net nog ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak.

Saamsing en vermaak uit die boonste rakke is nader aan die waarheid – veral van hierdie Pieter Smith-show in jou eie sitkamer.
Jol sommer saam met jou sloppies aan. Een van die hoogtepunte tydens die optrede is ook Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.
‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.

Die stroom skakel word per e-pos vanaf [email protected] gestuur sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 26 September 2021 om 16:00 pm