This event is over.

My Pa

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Gert Struwig, gespeel deur die briljante Cobus Venter, is ‘n rêrige-êrige Grotman. Hy is beslis nie ‘n metroman nie. Naas die Bybel, is rugby sy grootste aanwyser. Hy beplan sy braais, sy gesin, sy partytjies en sy gesin se aktiwiteite rondom rugby. Sy lewe draai om rugby. Sy helde is rugbyspelers. Sy bestaan is rugby. ‘n Eg tipiese Suid-Afrikaanse man! Skaterlag tye saam met die “My Pa” en ‘n komiese kykie na Suid-Afrikaanse rugby. Maar dan gebeur die lewe en Gert se bestaan word dramaties verander met sy eie vraag: “Is ek my kind se held?”

Ouerbegeleiding 13 (PG13)

Die stroom skakel word per e-pos vanaf [email protected] gestuur sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 8 Augustus 2021 om 16:00 pm