This event is over.

Danie Reënwolf - Sterreval

Organized by Atterbury Theatre
Met liedere, stories en ’n vers of twee, stel Danie du Toit sy tweede digbundel bekend by die Atterbury Teater.

Dis ’n storm van vuurvliegies, klanke en hardop-gedagtes oor die liedjies wat Danie du Toit al vir amper ’n dekade sing.

Sy nuwe bundel ’Sterreval' sal ook vir die eerste keer beskikbaar wees.

TEATER VEILIGHEID EN PROTOKOL

- Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
- Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie.
- Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit)
- Maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou.
- MASKERS IS VERPLIGTEND
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak ‘n uur voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie
- Kaartjies kan slegs AANLYN gekoop word by iTickets.co.za