This event is over.

Mammas in Pajamas - Ladies Night (Potchefstroom)

Doors open at 6:00 pm
Organized by Tpk Produksies | Gesonde Seks
Visit Website
Mammas is die mees onselfsugtigste, goedhartige, hardwerkende, betroubare, ondersteunende, opbouende, bemoedigende en mees hulpvaardige persone onder die son.

En omdat sy so goed is met mamma-wees, vergeet sy soms om dinge vir haarself te doen. Ander kere voel sy dat sy nie net haar kinders moet grootmaak nie, maar dat haar man ook soms nog soos 'n kind in die huis voel en dat sy geforseer voel om hom ook te moeder. (Asseblief moenie jou man probeer mamma nie. Hierdie is baie slegte nuus vir jou sekslewe en huwelik. Daar is nie baie mans daar buite wat “frisky” wil raak met hulle Mammas nie.)

So of jou kinders nog klein, tieners of al uit die huis uit is, jy verdien 'n aand uit, weg van mamma wees en net “Susan”-wees. Wel, tensy jou naam nie Susan is nie, dan is dit maar net tyd vir Jy-wees.

In hierdie Ladies Night spesiaal vir die Mammas tussen ons - "Mammas in Pajamas" - gaan ek vir jou wys hoe om te ontsnap van die mamma rol, en jouself weer te vind.

Dress-UP party: Pajama- partytjie. Bested dressed wen fantastiese pryse.

VIP Voucher Kaartjies
Daar is slegs 90 VIP Voucher Kaartjies beskikbaar. Met hierdie voucher/kaartjie kry jy die show GRATIS en na die tyd kry jy al jou gelde terug in die vorm van 'n Gesonde Seks voucher, om eerste by ons verkoops tafel iets te koop.

Met die VIP Voucher/Kaartjies kry jy ook die beste "seat in the house" om die show van heel voor te geniet.

Kontant kroeg en Platters is beskikbaar op die aand.

Geen Onder 18's