This event is over.

OPTOG! - Appel

Doors open at 7:00 pm
Organized by OPTOG!
Visit Website

Appel

Appel (Christoph Kotzé) het oor die afgelope elf jaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse vermaakbedryf gevestig as liedjieskrywer, musikant en sanger. Hy is nie net verantwoordelik vir die lirieke van ’n paar van die grootste treffers in die Afrikaanse musiekgeskiedenis nie, maar is ook deesdae ’n gewilde gesig op groot verhoë regoor Suid Afrika.

Hy is veral nou terug in die kollig met ’n nuwe album en enkelsnit. NONNA, wat hy saam met Johan Vorster geskryf het. Dit is die eerste vrystelling vanaf sy derde ateljee-album, Patriot, wat tans op die rakke is. Hierdie album gaan sy aanhangers herinner hoekom hulle so mal is oor sy werk.

Appel se vertoning belowe om jou te laat dans, lag en huil. Hy sing ‘n versameling treffers wat jou sal laat trots voel om Afrikaans te wees.

Tydsduur: 70 min. / Geen pouse


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.

TEATER VEILIGHEID EN PROTOKOL

- Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
- Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie.
- Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit)
- Maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou.
- MASKERS IS VERPLIGTEND
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak ‘n uur voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie
- Kaartjies kan slegs AANLYN gekoop word by iTickets.co.za