This event is over.

Reën

Doors open at 7:00 pm
Organized by Atterbury Theatre
Mathys Roets – Reën

Mathys Roets stel eerste album in 9 jaar bekend en saam met dit kom ‘n splinternuwe vertoning!

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie met diepte en warmte gevul. Wat hierdie vertoning en album so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.

Elke lied kry dit reg om jou met nostalgie te laat terugdink aan spesiale oomblikke uit ’n ander lewe. Dis asof liriek en melodie saamspan om jou te laat ontvlug na alles waarvan jy reeds vergeet het.

Saam met enige Mathys Roets vertoning, kan jy altyd uitsien na ou bekendes en nou ook die splinternuwe Leonard Cohen lied, “Thanks for the Dance”. Kom geniet hierdie nuwe musiek saamgesnoer met ou bekendes vir ‘n heerlike aand van vermaak in ‘n intieme omgewing.

Kom luister na die sagte Reën, of Bertus se koolstoof wat sing totdat Klaasvakie kom oorneem. ‘n Sprokie oor ons land en stories van Grasade en Katedrale. Kom reis saam as die trein vertrek van die Stasie in die skemer. Cohen sê dankie vir die laaste dans. Daar is altyd ‘n nuwe begin al dink jy Waantoe nou. Maar jy bly steeds die reën, die sagte reën oor die veld en appelblaarboom wat bot.




TEATER VEILIGHEID EN PROTOKOL

- Sitplekke word twee-twee beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
- Nie meer as twee gehoorlede mag langs mekaar sit nie.
- Net beperkte sitplekke beskikbaar (50% kapasiteit)
- Maksimum spasie word tussen gevulde sitplekke oopgehou.
- MASKERS IS VERPLIGTEND
- Temperatuur word geneem.
- Inteken vorm moet voltooi word.
- Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak ‘n uur voor die vertoning oop)
- Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
- Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie
- Kaartjies kan slegs AANLYN gekoop word by iTickets.co.za




THEATRE SAFETY AND PROTOCOL

- Seats are made available in sets of two according to safety regulations.
- No more than two audience members may sit next to each other
- A limited number of seats are available (50% of venue capacity)
- Maximum space is left open between booked seats.
- MASKS ARE COMPULSORY
- Temperature will be taken.
- Attendance register must be completed.
- Be sure to be on time for the event to complete the attendance register (foyer opens 1 hour prior to concert)
- Disinfectant / Hand Sanitizer will be available in the foyer.
- Artists will not be available for photos or signing of merchandise after the concert
- Tickets can only be purchased ONLINE at iTickets.co.za