Show available until 10 October 2020

Waar's Dit Lekker Show - Episode 4

Organized by J-Records
Visit Website
Soos oudergewoonte kan julle verseker wees van uitstekende musiek, lekker saam lag en kuier tydens die vertoning, maaaaaaar hierdie keer is daar iets anders en opwindend by!! Hou sosiale media dop want Juanita, Ruan en Franja gaan na die vertoning op Saterdag 3 Okt 2020, “live” kuier met al hulle vriende en aanhangers … maar indien jy ‘n kaartjie koop, kan jy ook wonderlike pryse wen wat in die “live” chat na die tyd aangekondig sal word!!!!!

“Country” Musiek vloei deur die Du Plessis gesin se bloed en daarom bring hulle hierdie keer ‘n “Country” inslag en tema waaroor aanhangers absoluut mal oor gaan wees…

Met goeie treffers, beste kunstenaars, pryse en ‘n kuier na die tyd – wat kan nou beter wees op ‘n Saterdag aand?? DIS….“Waar dit lekker gaan wees”!!!

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang 'n epos met 'n skakel na die konsert sodra die kaartjie betaal is. LET WEL: die skakel aktiveer eers op 03 Oktober om 17:00 PM.
2. Indien jy 'n Google Chromecast, Apple TV of 'n smart TV (nuwer/huidige model) toestel het sal jy vanaf jou foon na jou televisie kan "cast".
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.
4. Anders, geniet die konsert op jou slimfoon in jou hand, jou skootrekenaar op jou skoot of jou tablet in jou hand.

NB!! Verseker asseblief dat jou e-pos adres korrek ingevul is.
Indien jy nie die e-pos betyds ontvang nie, loer gerus in jou "spam folder" en maak ook seker dat jou toestel se "Restricted View" afgeskakel is.