Tickets on sale from Sunday, 20 September at 20:00 PM

Hannes Brümmer: Amper Oud - Heruitsending

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Kaartjies beskikbaar vanaf Sondag, 20 September om 20:00 PM

Hannes Brümmer is al dikwels gevra of hy hiperaktief is, maar hy kon nog nooit lank genoeg stilgesit om uit te vind nie! Hy is sedert 2005 ’n lid van Joe Parker se Improv Express, asook die Starship Improvise daarna. Vir die afgelope agt jaar is hy ook ‘n gereelde gesig op Suid-Afrika se Stand-up komedie toneel en het al by verskeie feeste opgetree. Hy is ook ‘n lid van die toonaangewende Afrikaanse komedie duo, Die Flying Dutchmen saam met Melt Sieberhagen.

Die toepassing van sy Drama-graad, wat hy in 2000 aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, het tot ’n verskeidenheid televisierolle in Een Skoenlapper, Amalia, Villa Rosa, Binnelanders, ’n aantal televisie-advertensies en die rolprente Skin, Agent 2000 en Ek joke net 2 gelei.

Op die verhoog was hy oa. te sien in Chris Vorster se Buurtwag, vyf Frans Swart-klugte, Paul Slabolepszy se Mooi Street Moves en die eenman-vertoning Ballade van ‘n Banggat. Hannes was ook as skrywer en akteur mede-verantwoordelik vir KykNet se Blikskottel en die SAUK se SAFTA-genomineerde Kompleks. Hy het ook as skrywer gedien op die SAFTA genomineerde Rasdien. Sy pen het hom in 2014 ook gewend na die Film Factory-vervaardigde The land of Milk and Money.

GEEN ONDER 16'S!

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.

Spaar R140 en bespreek 4 optredes vooruit!
KLIEK HIER vir Bulk Besprekings