Pieter Smith: Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe

Pieter Smith more

  • Order by Phone
  • 086 1000 291

Note: Fees may apply

  • Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
  • Visit Website
Pieter Smith is een van die bekendste kunstenaars in Suid-Afrika.
In VAN HAAS DAS TOT STUKKIE VAN DER MERWE, neem Pieter ons op ‘n nostalgiese reis deur sy loopbaan.
Ons almal ken die TV-kenwysies soos HAAS DAS, TROMPIE, HEIDI en vele meer wat deur Pieter nuwe lewe ingeblaas word.
Ons gaan ook van sy groot treffers hoor soos OP DIE EERSTE EEN en STUKKIE VAN DER MERWE. Pieter beloof dat die vertoning ook ‘n akoestiese afdeling gaan hê om gestand te doen aan die intimiteit van die Lefra Kelderkonserte. As jy egter gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en net nog ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak.

Saamsing en vermaak uit die boonste rakke is nader aan die waarheid – veral van hierdie Pieter Smith-show in jou eie sitkamer.
Jol sommer saam met jou sloppies aan. Een van die hoogtepunte tydens die optrede is ook Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.
‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 18 Oktober om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele vertoning.
Prices:
Sondag - 18 Oktober 2020 Konsert begin 17h00 - 75min
(Stream URL word gestuur aan kaartjiehouers sodra die bespreking betaal is)
Aanlyn-kaartjie R115.00
Donasies Enige bydrae word verwelkom!
Donasie R0.00
WEN
Raffle Entry Ticket R195.00
Bulk Bespreking Spaar R160 en bespreek al 4 optredes vooruit!
KLIEK HIER vir Bulk Besprekings
Bulk Aanlyn R320.00

Add To Calendar

Place Order