Tickets on sale on Sunday 02 August at 20:00

Elke Ander Duim ‘n Dame met Lizz Meiring - Heruitsending

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Kaartjies beskikbaar vanaf 20:00 PM op Sondag, 02 Augustus 2020.

ELKE ANDER DUIM ‘N DAME MET LIZZ MEIRING

Lizz Meiring se eenvroustuk, ELKE ANDER DUIM ‘N DAME vertel, vier, satiriseer modern Suid-Afrikaanse mans en vrouens. ELKE ANDER DUIM ‘N DAME is slim, skerp, snaaks, vermaaklik en verrassend. Die materiaal is komies op ‘n eerste vlak, donker en satiries op ‘n dieper vlak. Meiring skep verskillende style in die stuk – van vertelling tot tango. Die karakters is alma leg, herkenbaar – met ‘n aweregse streep of twee. Daar is die Presidente van Jong Dames Sianied, die neo-politiese kinderstorie, ‘n beduiwelde cupid, ‘n charismatiese kopier, ‘n Lolita huisvrou en ‘n aardse skoenkunstenaar.

Groot, eksentrieke skoene speel ‘n belangrike rol in die opvoering en natuurlik verys die title ELKE ANDER DUIM ‘N DAME na die hoogte van die hake en natuurlik na Lizzie se …. uhm … gebrek aan lengte.

“ELKE DUIM ‘N DAME is ‘n moet!”
- Die Krit (KKNK)

“Meiring se mes is vlymskerp! Vernuf en humor kenmerk die hoogs oorspronklike produksie!”
- Die Burger

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.