Tickets on sale on Sunday 26 July at 20:00

André– Die Skreeusnaakse Hipnotiseur Heruitsending

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Kaartjies beskikbaar vanaf 20:00 PM op Sondag, 26 Julie.

Hierdie Lefra Kelderkonsert sal beskikbaar wees om in jou eie tyd te kyk tot Maandag 03 Augustus om 00:00 (middernag).

ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR

Suid-Afrika se bekendste verhooghipnotiseur, ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR.

Met 10 vrywilligers lewendig en regstreeks in die Lefra Kelder, weet mens nooit wat gaan gebeur nie, want ons vrywilligers is natuurlik die sterre van die konsert.
André plaas hulle egter onder hipnose en dan doen mens mos allerhande goed wat mens nie sommer aldag sou doen nie … soos om ‘n wasmasjien te wees, ‘n redder in Baywatch, Juanita du Plessis of sommer net ‘n hondjie of ‘n katjie. Slaap! En kom Skaterlag vir André en sy ster vrywilligers. Lefra Produksies het ‘n paar jaar gelede die televisieprogram, SKATERLAG MET ANDRÉ – DIE SKREEUSNAAKSE op kykNET uitgesaai.

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.