This event is over.

Droogtehulp Land Cruiser Raffle

Organized by Droogtehulp
Visit Website
VERKOPE IS GESLUIT: VOLG BURRE BURGER SE FACEBOOK BLAD. WENNER WORD SONDAG 10 JAN 15:00 AANGEKONDIG

Bidwheels & Burre Burger met DROOGTEHULP

Staan die kans om hierdie merkwaardige prys, ‘n preloved Toyota Land Cruiser bakkie te wen!
Bidwheels sê daar is min bakkies waar jy so tuis agter die stuur is soos Toyota se kanniedood Land Cruiser.
Toyota Land Cruisers is al jare lank bekend vir hul uitstaande kenmerk: rateltaai betroubaarheid en word steeds beskou as die bakkie wat ’n trekker en ligte vragmotor se plaaswerk kan doen, indien die nood druk.
Opgebou en aangepas vir sy nuwe voorkoms deur MotoMark Dienssentrum in Pretoria.
Meer besonderhede op Droogtehulp se Facebook Bladsy
Kaartjies kos R200

Droogtehulp Wen 'n Toyota Land Cruiser T's en V's:

Hierdie Cruiser is 'n tweedehandse opgeboude model en NIE nuut. Met jou deelname aan hierdie kompetisie word jy gebind aan die terme en voorwaardes van die kompetisie. Die Kompetisie begin 27 Julie 2020 en eindig 09 Januarie 2021 om 23h59. Die wenner sal aangekondig word via 'n Live trekking op 10 Januarie 2021 om 15h00 op Burre Burger se blad. Die wenner sal met LIVE TREKKING op facebook gedoen word en geskakel word. As persoon wat geskakel word nie beskikbaar is sal volgende persoon geskakel word. Geen lede of direkte familie van Droogtehulp met Burre Burger mag 'n prys wen nie. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie. Die wenners van die kompetisie word bepaal deur 'n gelukstrekking, hoe meer lootjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen. Daar is geen limiet op die hoeveelheid lootjies wat verkoop word nie. Droogtehulp met Burre Burger behou die reg om die kompetisie aan te pas. Droogtehulp met Burre Burger behou die reg om 'n inskrywing te diskwalifiseer. Indien die prys nie aanvaar word binne 2 weke (10 werksdae) nie sal die prys na die volgende wenner gaan. Indien 'n wenner buite Suid-Afrika is, sal die wenner self verantwoordelik wees vir enige uitgawes, insluitend maar nie gelimiet tot belasting en vervoer van die prys. Droogtehulp met Burre Burger, so ook enige van hierdie instansie se verteenwoordigers, kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade aan individuele nie.