This event is over.

Hier Staan Ons // Steve Hofmeyr

For more information
Visit Website
Organized by Hier Staan Ons

’n Virtuele konsert enig in sy soort

Die FAK gaan vanjaar in samewerking met Jak de Priester en Xtreme Productions,  virtuele konserte enig in sy soort aanbied.

Vir die eerste keer in die geskiedenis gaan die konsert, waar Steve Hofmeyr as Jak de Priester se gas gaan optree, op die Voortrekkermonument in Pretoria se vooraansig self vertoon word.

Op dié aand gaan Steve van sy bekendste liedjies soos “Pampoen”, maar ook immergewilde volksliedjies soos “Suikerbossie”, “Sarie Marie” en “Hasie” sing, terwyl Jak de Priester hom ook vrae sal vra.

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.

Kaartjies kos net R50 en met dié kaartjie kan jy en jou hele gesin saam na die konsert vanuit julle sitkamer kyk of waar julle ’n vleisie op die kole braai. Maak seker dat jy hierdie geskiedkundige geleentheid kan ervaar, koop nou jou kaartjie!