This event is over.

Liewe Heksie en die Tuindwergie

Doors open at 4:00 pm
Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar, kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Matewis die kat altyd naby om te help. Maar toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees? Die maats moet kom uitvind, want Liewe Heksie en die Tuindwergie is deel van Lefra se Kelderkonserte. Liewe Heksie en die Tuindwergie is die laaste Liewe Heksie-storie wat Verna Vels geskryf het, spesiaal vir Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies. Bederf die kleinspan – en jouself – deur nou vir hierdie wonderlike produksie te bespreek en kom ontmoet Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Kwaaitjie Kabouter en die Tuindwergie in jou sitkamer

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Die skakel aktiveer eers op 4 Oktober om 16:00.

Bulk bespreking kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel per nuusbrief op die dag van elke individuele vertoning.