Tickets Available from 5 July at 21:00 PM

Shades of Broadway Heruitsending

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Kaartjies beskikbaar vanaf 21:00 PM op Sondag, 05 Julie.

Hierdie Lefra Kelderkonsert sal beskikbaar wees om in jou eie tyd te kyk tot Maandag 13 Julie om 00:00 (middernag).

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.


Shades of Broadway is 'n dramatiese huldeblyk aan die Broadway-grotes en bied aan die gehoor 'n insiggewende blik van die lewe op die musikale teater-verhoog vanuit die kunstenaar se perspektief. Van die treffers sluit in slegs enkeles van die grootste Broadway-musiekblyspele ter wêreld, wat wissel van Cabaret tot Jesus Christ Superstar, Joseph, Evita en vele meer. Dit word gekoppel aan persoonlike verhale en staaltjies uit die ervarings van die kunstenaars op die verhoog en die emosies wat hulle ervaar tydens so ‘n produksie. Shades of Broadway is geskik vir gehore van alle ouderdomme en sal beide diegene wat goed vertroud is met musiekblyspele, sowel as die beginners vir die genre, behaag. Dit is 'n vertoning wat u nie moet misloop vir diegene wat van die teater hou nie en altyd gewonder het waaroor die lewe op die verhoog gaan.