tickets available soon

Waar's Dit Lekker Show - Episode 3

Organized by J-Records
Visit Website
Met klomp verrassings en ‘n “spoggerige” nuwe stel kan jy eenvoudig nie die UPGRADE van Waar’s Dit Lekker Show, episode 3 misloop nie!!!!

Wat begin het as ‘n Lockdown vertoning in die Du Plessis se motorhuis raak nou so groot en hoog in aanvraag dat dit in ‘n volwaardige TV produksie omskep word…. Met hulle persoonlike aanbieding en vervaardiging van die program, kan kykers gewaarborg wees dat hulle beslis gaan deel in die gasvrye Du Plessis gesinskuiers, oh ja en natuurlik gaan musiek gemaak word!

Skink iets, bak iets, gooi nog hout op die kole, sit jou foon op silent, maak die hond stil en skuif reg vir heerlike familie vermaak uit die boonste rakke!!

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang 'n epos met 'n skakel na die konsert sodra die kaartjie betaal is. LET WEL: die skakel aktiveer eers op 11 Julie om 17:00 PM.
2. Indien jy 'n Google Chromecast, Apple TV of 'n smart TV (nuwer/huidige model) toestel het sal jy vanaf jou foon na jou televisie kan "cast".
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.
4. Anders, geniet die konsert op jou slimfoon in jou hand, jou skootrekenaar op jou skoot of jou tablet in jou hand.

NB!! Verseker asseblief dat jou e-pos adres korrek ingevul is.
Indien jy nie die e-pos betyds ontvang nie, loer gerus in jou "spam folder" en maak ook seker dat jou toestel se "Restricted View" afgeskakel is.