This event is over.

Tuis-Bly Sessies met Caroline Grace & Corneil Muller

Organized by Universal Music (Pty) Ltd
Visit Website

Caroline-Grace Brüssow en Corneil Muller is beide gebore in Bloemfontein en is tans woonagtig in die Wes-Kaap.

Dié twee sing al vir die afgelope 15 jaar saam en het al verskeie verhoë regoor Suid-Afrika gedeel.

In 2017 dring Caroline-Grace deur tot die finaal van die The Voice South Africa seisoen 2, kompetisie.

Nie lank daarna nie, verskyn haar eerste solo album, Eindelose Liefde. Sy is gereeld op Suid-Afrikaanse verhoë te sien as ‘n UMG Live-kunstenaar. 

Corneil het internasionaal gesing en is in 2018 terug op eie bodem. In 2019 neem hy ook deel aan The Voice South Africa seisoen 3 en eindig in die top 32-finaliste.  Sy eerste album is in November 2019 vrygestel. 

Van die liedjies wat gesing sal word in hierdie vertoning sluit in, Brandi Carlile se The Joke, Vier Seisoene Kind deur Gian Groen, Love of my Life deur Freddie Mercury asook liedjies van beide kunstenaars se albums Eindelose Liefde deur Caroline-Grace en Hart se Punt, Corneil Muller se eerste enkelsnit geskryf deur Gustav Smit. Hierdie is wel net ‘n paar lusmakers! 

Caroline-Grace en Corneil Muller word begelei deur Debbie Brink op klavier en Petrus van Wyk op akoestiese kitaar. Die vertoning is opgeneem in die Arco-studio in Bloemfontein.

Hierdie vertoning sal jou tone laat omkrul van lekkerte en jou hartsnare roer. Moet dit nie misloop nie!

 

 
Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang 'n epos met 'n skakel na die tuis-bly sessie sodra die kaartjie betaal is. LET WEL: die skakel aktiveer eers op 09 Julie om 18:00 PM.
2. Indien jy 'n Google Chromecast, Apple TV of 'n smart TV toestel het sal jy vanaf jou foon na jou televisie kan "cast".
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.
4. Anders, geniet die vertoning op jou slimfoon in jou hand, jou skootrekenaar op jou skoot of jou tablet in jou hand.

NB!! Verseker asseblief dat jou e-pos adres korrek ingevul is.