This event is over.

#jouGROOTwerkswinkel met Maroela Media en GROOTfm

Doors open at 8:30 am
Organized by GROOTfm 90.5
Visit Website
#jouGROOTwerkswinkel aangebied deur GROOTfm 90.5 en Maroela Media.

Saterdag, 4 Julie vanaf 9 tot 11 vm.
Kry nou jou kaartjie teen R250 pp

Is jy ‘n sanger, kunstenaar of musikant? Wil jy oor jou musiekloopbaan op Maroela Media lees, of jou liedjie op jou gunsteling radiostasie hoor?
Skakel dan in vir #jouGROOTwerkswinkel met Maroela Media en GROOTfm 90.5 op Saterdag 4 Julie vanaf 09:00 – 11:00 en vind uit wat die moets en moenies is van ‘n versoek vir publisiteit by ‘n mediahuis.

“My musiek word voordurend afgekeur! Wat doen ek verkeerd?” - Pieter Cloete, musiekhoof van GROOTfm 90.5 gee raad oor hoe om jou musiek effektief vir radio te verpak.

“Gee vir ons goeie Afrikaanse musiek, ‘n tikkie X-faktor en jou aangrypende verhaal van wat jou musiek inspireer het. Dít is wat ons joernaliste benodig sodat ons Maroela Media se lesers van jou musiek kan vertel.” – Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur by Maroela Media.

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang 'n epos met 'n skakel na die kuber-kuier sodra die kaartjie betaal is. LET WEL: die skakel aktiveer eers op 04 Julie om 08:30 AM.
2. Indien jy 'n "smart TV" het sal jy dit vanaf jou foon na jou televisie se youTube App kan "cast"
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.
4. Anders, geniet Jou GROOT Werkswinkel op jou slimfoon in jou hand, jou skootrekenaar op jou skoot of jou tablet in jou hand. Dit is regtig so maklik!

NB!! Verseker asseblief dat jou e-pos adres korrek ingevul is.
Indien jy nie die e-pos betyds ontvang nie, loer gerus in jou "spam folder" en maak ook seker dat jou toestel se "Restricted View" afgeskakel is.