On Sale on Sunday 21 June at 21:00 PM

My Pa met Cobus Venter Heruitsending

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Kaartjies beskikbaar vanaf 21:00 PM op Sondag, 21 Junie.

Hierdie Lefra Kelderkonsert sal beskikbaar wees om in jou eie tyd te kyk tot Maandag 29 Junie om 00:00 (middernag).

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.


Gert Struwig, gespeel deur die briljante Cobus Venter, is ‘n rêrige-êrige Grotman. Hy is beslis nie ‘n metroman nie. Naas die Bybel, is rugby sy grootste aanwyser. Hy beplan sy braais, sy gesin, sy partytjies en sy gesin se aktiwiteite rondom rugby. Sy lewe draai om rugby. Sy helde is rugbyspelers. Sy bestaan is rugby. ‘n Eg tipiese Suid-Afrikaanse man! Skaterlag tye saam met die “My Pa” en ‘n komiese kykie na Suid-Afrikaanse rugby. Maar dan gebeur die lewe en Gert se bestaan word dramaties verander met sy eie vraag: “Is ek my kind se held?”

Kaartjiehouers ontvang die Livestream skakel sodra die bespreking vervul is.
Ouerbegeleiding 13 (PG13)