This event is over.

Jou GROOT kuier met Retief Burger - Digitale Vertoning

Organized by GROOTfm 90.5
Visit Website
Jou GROOT kuier saam met Retief Burger

Hoop vir hopeloses

In 'n tyd waar almal 'n vorm van verlies beleef en baie vir die eerste maal met angs en depressiewe gedagtes gekonfronteer word, is dit nodig om 'n storie van hoop te hoor.
Aanbiddingsleier, liedjieskrywer en leraar, Retief Burger, deel graag sy storie van hoop en oorwinning op #jouGROOTKUIER.

Retief het vir meer as tien jaar 'n groot stryd met depressie beveg en wil met eerlike ervaring en waarheid jou kom bemoedig en versterk wat self aan depressie lei of wil weet hoe om 'n geliefde te ondersteun wat self hiermee sukkel. Skakel gerus in, vra vrae en neem deel aan 'n gesprek om hoop vir hopeloses te gee.

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang 'n epos met 'n skakel na die kuber-kuier sodra die kaartjie betaal is. LET WEL: die skakel aktiveer eers op 04 Junie om 18:30 PM.
2. Indien jy 'n "smart TV" het sal jy dit vanaf jou foon na jou televisie se youTube App kan "cast"
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.
4. Anders, geniet Jou GROOT kuier op jou slimfoon in jou hand, jou skootrekenaar op jou skoot of jou tablet in jou hand. Dit is regtig so maklik!

NB!! Verseker asseblief dat jou e-pos adres korrek ingevul is.
Indien jy nie die e-pos betyds ontvang nie, loer gerus in jou "spam folder" en maak ook seker dat jou toestel se "Restricted View" afgeskakel is.