This event is over.

My Hart Klop Ricus Nel - Digitale Vertoning

Doors open at 6:00 pm
Organized by Sony Music Entertainment Africa
Haal uit jou Boerepompie en kom kuier saam met Ricus Nel & Homself as Band in die My Hart Klop Teater!

Wat is dan beter as jou gunsteling musiekster wat 'n draai kom maak in jou sitkamer? Dis reg, ons is opgewonde om My Hart Klop Teater aan te kondig.

Ons bring 'n konsert na jou sitkamer waar jy 'n glasie wyn, koeldrank vir die kinders en versnapperings kan geniet! Op Vrydag, 29 Mei 2020 om 19:00 is Ricus Nel te sien in die digitale My Hart Klop Teater. Die vertoning begin stiptelik om 19:00 en kaartjies is nou beskikbaar by iTickets.co.za teen ‘n billike R40 vir almal in jou huis. As jy ‘n kaartjie gekoop het, sal jy twee ure voor die vertoning ‘n skakel (link) ontvang per e-pos en/of sms na die vertoning toe wat stiptelik om 19:00 begin.

Beperkte kaartjies beskikbaar, so spring gou! My Hart Klop Teater sal gereeld nuwe vertonings met verskillende kunstenaars aanbied.

Vir meer inligting en om op hoogte te bly, besoek gerus die My Hart Klop Afrikaans sosiale media blaaie op Facebook, Instagram, Twitter en Youtube.

Hoe gaan dit werk?

1. Kaartjiehouers ontvang op die dag van die konsert 'n epos met 'n skakel na die konsert.
2. Indien jy 'n "smart TV" het sal jy dit vanaf jou foon na jou televisie se youTube App kan "cast"
3. Nog 'n opsie is om jou skootrekenaar met jou televisie te koppel met 'n HDMI kabel.