This event is over.

Courageous Women Arise

Doors open at 8:00 am
For more information
Visit Website
Organized by Atterbury Theatre
Laetitia Dee is die gasheer van die Courageous Women Arise byeenkoms. Die doel van die #CWA is om vrouens te inspireer, te motiveer en te versterk. Elke vrou moet weet dat sy sterk genoeg is om enige iets te oorkom.

Sy nooi elke jaar sprekers na die byeenkoms wat waarde kan toevoeg. Elke keer wat ‘n vrou die #CWA byeenkoms bywoon moet sy wegstap geinspireer en gemotiveer moet die lewe aan te pak.

Laetitia Dee het oor die laaste 5jaar met ongeveer 300 vrouens gewerk en sy kan met alle eerlikheid sê dat een van die dinge wat vrouens die meeste benodig is braafheid.

Die volgende CWA byeenkoms vind plaas die 12 September 2020 in Pretoria by Atterbury Teater.
Die sprekers is Laetitia Dee & Minki van der Westhuizen.
Ons gaan ook onderhoude voer met verskeie vroue en die tema van die dag is: #RealWomen #RealStories.
Ons glo dat daar soms vir ons genesing lê in ander se stories en oorwinnings.

Wil jy graag jou storie deel met ander vroue? Voel jy dat jou storie ander vroue kan inspireer en hulle hoop gee?
As jy wil hê dat ons met jou ‘n onderhoud moet voer, kan jy gerus aansoek doen deur na die volgende skakel te gaan: https://forms.gle/bSPqbKkY18GEHVFY9

Ons gaan hierdie jaar weer 1 gelukkige dame kies om deel te neem aan die #CWAMakeover.
Jy kan ‘n kans staan om ‘n “Makeover” te wen ter waarde van R10,000.00.
Jy kan die applikasie vorm aflaai HIER.



"Courage is not the absence of fear. It is acting in spite of it" - M. Twain