This event is over.

OPTOG! - Vaal de Gráce Golf Estate

For more information
Visit Website
Organized by OPTOG!
Visit Website
2 Mei 2019

Liefdegenerasie met Refentse


Sy jongste CD getiteld, Liefdegenerasie, merk nog ‘n groot sprong vorentoe vir Refentse, een van Suid-Afrika se gewildste jong kunstenaars.

Hy sit heerlik en tokkel op sy kitaar terwyl ons die land saam met hom plat ry. &nbsp Ons bring hom na jou toe, want hy delf dieper as ooit om sy ryke en eiesoortige musikale skat te ontgin. &nbsp Sy unieke karakter kom na vore met die saamsmee van poëtiese lirieke en musiek. &nbsp Dit beloof om ’n wonderskone ervaring te wees.

Tog te musikaal!



14 Junie 2019

Jo Black


‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!


27 Julie 2019 om 19:30

Stef Bos: Jou land is my land

Stef Bos se verhouding met Suid-Afrika en met die Afrikaanse taal, strek oor meer as 25 jaar. Hy leef en werk op twee kontinente en is ongetwyfeld ons taal se grootste ambassadeur in Europa.

Vir OPTOG! bied hy ‘n eiesoortige vertoning aan. Geïnspireer deur alles wat hy op ons landspaaie gehoor, gesien, geproe en beleef het. Van Naboomspruit tot Kloofstraat; van Komatipoort tot Kolmanskop; van Grabouw tot Pelgrimsrus. Oral is ‘n liedjie gebore. En die reis is lank nie klaar nie!

"Oral waar ek stop tydens hierdie OPTOG!, gaan ek ‘n song skryf. Oor die dorp of sy mense. Al hierdie plekke word ‘n nuwe hoofstuk in my Nederkaanse songbook! Want jou land is my land!"

Tog te legendaries!

75 min / Geen pouse


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.