This event is over.

OPTOG! - PE Opera House

2 April 2019

Nataniël: &nbsp Four Loud People


Hierdie vertoning is ’n ontploffing van klank, melodieë, style, ritmes, fantasie, ontwerp en humor.

Nataniël vertel sy kenmerkende stories in Afrikaans en Engels, en maak musiek. &nbsp Pop, blues, soul, jazz, oorspronklik en splinternuut, klassiek en immergroen. &nbsp Hy inspireer, fantaseer, stel bloot, laat wenkbroue lig, bevraagteken, beantwoord, voer mee, troos en laat jou skaterlag.

Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme). &nbsp Sy immerverrassende versameling kostuums is deur Floris Louw.

Tog te legendaries!

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15

Boeke, CD’s en leefstylprodukte te koop by alle vertonings.



1 Junie 2019

Jo Black

‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!



18 Julie 2019

3 Susters

Met Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm. &nbsp Teks deur Louis Pretorius en regie deur Tara Notcutt.

Die OPTOG! kombi is op pad en drie van Suid-Afrika se beste aktrises sit die agtersitplek vól! &nbsp Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. &nbsp Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng? &nbsp 'n Bord sushi sou net so goed gewees het. &nbsp Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy's bang vir vlieg.

Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. &nbsp Want hier sit hulle nou. &nbsp Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpille. &nbsp Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien. &nbsp Anel praat met 'n aantreklike man. &nbsp Christine maak haar oë toe. &nbsp Sy droom van stilte. &nbsp Absolute stilte. &nbsp Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn. &nbsp Sy mag dit nie dink nie, maar… &nbsp sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord. &nbsp Sal hulle ooit daar kom? &nbsp Of is almal net te vlugvoos?

Tog te teatraal!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.