This event is over.

OPTOG! - Kroonstad Stadskouburg

26 Februarie 2019

Nataniël: &nbsp Four Loud People


Hierdie vertoning is ’n ontploffing van klank, melodieë, style, ritmes, fantasie, ontwerp en humor.

Nataniël vertel sy kenmerkende stories in Afrikaans en Engels, en maak musiek. &nbsp Pop, blues, soul, jazz, oorspronklik en splinternuut, klassiek en immergroen. &nbsp Hy inspireer, fantaseer, stel bloot, laat wenkbroue lig, bevraagteken, beantwoord, voer mee, troos en laat jou skaterlag.

Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme). &nbsp Sy immerverrassende versameling kostuums is deur Floris Louw.

Tog te legendaries!

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15

Boeke, CD’s en leefstylprodukte te koop by alle vertonings.


13 Junie 2019

Jo Black


‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!


23 Augustus 2019

Someraarde:&nbsp Joshua na die Reën


Die man wat die land se harte roer spring in 2019 in ’n OPTOG!-kombi!

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert sy debuutalbum in 2014 die Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. &nbsp Hy skryf en sing roerende sielsmusiek wat jou nooi om jou hart oop te maak en saam te reis deur al die aspekte wat van jou mens maak. &nbsp As kunstenaar, glo hy dat musiek die krag het om emosie weer te gee, wat jy nie altyd in woorde kan uitdruk nie.

Someraarde is die naam van die album wat hy vroeg in 2019 bekendstel en dus ook die titel van die produksie wat hy en sy orkes vir OPTOG! sal aanbied.

In sy eie woorde: &nbsp "Dit bestaan uit 'n versameling liedjies en stories wat geput is uit ervarings in my lewe en die lewens van mense rondom my. &nbsp Ek vermoed hoop en vrede is 'n plek wat mens net binne jouself moet vind... &nbsp en wanneer mens dit vind raak die plekke waar mens beweeg, ongeag van die fisiese omstandighede, kleurryk en vreedsaam.&nbspDis nie te sê ek kry dit reg nie, maar dis vir seker 'n diepe hoop."

Joshua na die Reën se bekendste liedjies is Die wêreld binne my en Lig op die Horison.

Tog te musikaal!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.