This event is over.

OPTOG! - Hoërskool Upington

11 April 2019

Nataniël: &nbsp Unplugged


Ten spyte van alle ander avonture, bestaan Nataniël se lewe en loopbaan eintlik net uit twee dinge: &nbsp fantastiese stories en tydlose musiek. &nbsp In hierdie vertoning doen hy presies dit: &nbsp hy vertel verhale wat jou meevoer, inspireer, verbaas, laat hoop en laat skaterlag. &nbsp Hy sing liedere uit sy eie pen, asook splinternuwe weergawes van die van immergroen musiek uit die skatkis van soul, blues, pop, country, jazz en vergange rolprente.

Hy deel die verhoog met pianis, Charl du Plessis. Kostuums is deur Floris Louw.

Tog te legendaries!

90 minute / Geen pouse / Geen kinders onder 15


9 Mei - Kombi-Nasie

Met Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe

Ons is Wicus en Pietman en kuier al jare om die vuur. As bure. As vrinne.
Altwee in die kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet.
Ons kombineer sousboontjies en beet.
Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet.


15 Julie 2019

Drie van die Bestes

met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld. &nbsp Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak. &nbsp Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. &nbsp ’n Aand van lekker lag en goeie musiek!

Tog te legendaries!


29 Julie 2019

Jo Black


‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!


31 Augustus 2019

Stories: &nbsp Elvis Blue

Ons laai hom in! &nbsp Elvis Blue deurkruis die land saam met ons om sy Stories vir jou te bring.

"Stories begin as letters. &nbsp Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”

‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees.&nbsp'n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.

Trots OPTOG!


2 November 2019

Radio Kalahari Orkes

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit 'n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle. &nbsp As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!

Ons bring hulle na jou toe. &nbsp Grondpadlangs. &nbsp Met ‘n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente: &nbsp kitare, ‘n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ‘n legendariese ou Fender Telecaster. &nbsp Uniek en outentiek.

Die orkes is in 2017 vereer met 'n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

Tog te musikaal!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.