This event is over.

OPTOG! - Hoërskool Durbanville Ouditorium

14 Februarie 2019

Stories: &nbsp Elvis Blue

Ons laai hom in! &nbsp Elvis Blue deurkruis die land saam met ons om sy Stories vir jou te bring.

"Stories begin as letters. &nbsp Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”

‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees.&nbsp'n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.

Trots OPTOG!


5 Junie 2019

Jo Black


‘n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. &nbsp Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy 7 Ghoema-toekennings, sowel as ‘n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. &nbsp Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Tog te musikaal!


6 September 2019

Laurika Rauch


Alle Suid-Afrikaners ken die heimweë wat met Laurika Rauch se musiek gepaard gaan en daarom sit sy héél voor in ons bus!

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by OPTOG! &nbsp Sy sê dat dit haar as’t ware ‘vol sirkel’ bring om weer meer op die platteland en soms in kleiner plekke op te tree. &nbsp Só was dit heel aan die begin van haar loopbaan en sy sien daarna uit om die pad te vat en te help om ‘n kultuur te skep wat musiek weer na die mense sal bring.

Haar loopbaan het in 1978 vlerke gekry met die treffer, Kinders van die Wind. &nbsp Liedjies soos Blouberg se Strand, Stille Waters en Stuur groete aan Mannetjies Roux, maak steeds deel uit van alle Afrikaanse huisgesinne se speellys.

Tog te legendaries!


OPTOG! word met trots moontlik gemaak deur King Price Insurance.