Tickets on sale soon

Fiela se Kind: Die Drama - Aanlyn Werksessie vir Matrieks

Organized by Lefra Communications and Marketing (Pty) Ltd.
Visit Website
Indien u vir meer as 200 leerders wil bespreek, kontak Monica Booysen by (011) 815 3000 of [email protected]

Lefra Produksies, wat reeds FIELA SE KIND – DIE DRAMA deur Dalene Matthee met verhoogteks deur Suzanne van Wijk drie keer opgevoer het (1997, 2007, 2017) het besluit om as deel van die Lefra Kelderkonserte ‘n regstreekse aanlyn digitale toeligtings- en besprekingssessie vir Matrieks aan te bied op Maandag, 3 Augustus 2020 om 10:00 tot 11:30 (90 Minute).

Daar gaan spesifiek in die sessie gepoog word dat Matrieks Afrikaans Addisionele Taal FIELA SE KIND – DIE DRAMA beter verstaan. Frans Swart, wat ‘n hele paar keer saam met Fiela lang paaie gestap het, sal die gespreksleier wees. Die res van die paneel is
  • Shaleen Surtie-Richards (Fiela)
  • Phillru van Achterbergh (Groter Benjamin/Lukas) Tans te sien op Binnelanders
  • Vian Singleton (Kleiner Benjamin/Lukas) Tans te sien op 7de Laan
  • Junaid Anthony (Samesteller van die Fiela-studiegids)

Vir meer inligting, skakel vir Monica Booysen by (011) 815 3000 of epos aan [email protected]